USS Constitution

USS Constitution

Die USS Constitution seil in Massachusetts-baai op 21 Julie 1997.
Naam USS Constitution
Besteldatum 1 Maart 1794
Bouers Edmund Hartt se Skeepswerf
Gebruik deur Vlag van Verenigde State van Amerika Amerikaanse Vloot
Koste VS$ 302 718
Aantal beplan 6
Datum neergelê 1 November 1794
Te water lating 21 Oktober 1797
In gebruik 1
Lot In aktiewe diens
Tuishawe Charlestown Vlootwerf
Bynaam Old Ironsides
Verplasing 2 200 ton
Lengte 53 m (175 vt) op watervlak
Wydte 13,26 m (43 vt 6 dm)
Diepgang 6,4 m voor, 7,0 m agter
Spoed 13 knope (24 km/h)
Bemanning 450 insl. 55 matrose en 30 hande

Die USS Constitution (1797), bekend as "Old Ironsides" is 'n houtromp driemasfregat van die Amerikaanse Vloot. Hy is vernoem na die Amerikaanse grondwet en is die oudste varende skip ter wêreld. (HMS Victory is drie dekades ouer, maar is permanent in 'n droogdok gestasioneer).

Constitution was een van ses fregatte vir vervaardiging goedgekeur ingevolge die Amerikaanse Vlootwet van 1794. Joshua Humphreys het die skepe as slagskepe ontwerp. Die Constitution en sy susterskepe was gedugte opponente vir selfs die beste oorlogskepe van die tyd, aangesien hulle groter en swaarder bewapen was as 'n standaardfregat.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search